076 017 4354 / 072 823 5236 besprekings@klipdraaikaravaanpark.com

AKTIWITEITE EN VERMAAK:

Ons bied met trots en op ‘n gereelde basis vermaak en aktiwiteite aan wat Klipdraai Karavaanpark onderskei, uitsonderlik maak en verseker die goue medalje besorg. Hierdie vermaak word GRATIS vir ons kampeerders gebied (By ander oorde is kostes van toepassing vir die kampeerders). Toegangs gelde is slegs van toepassing vir dagbesoekers.

Hou ons webwerf en facebook dop vir meer besonderhede

SOLDAAT VAN GOD MANNEKAMP

17 – 19 Augustus 2018

KLIPDRAAI KARAVAANPARK VUURWARM & BRAAIFEES

24 September

KLIPPIES DESEMBER VAKANSIE MUSIEKFEES

15  –  31 Desember 2018

Klippies Desember Vakansie Musiekfees

15 Desember 2018 – 31 Desember 2018

Skud jou vere reg vir die Klippies Desember Vakansie Musiekfees 2018 !!!

Die Klippies Desember Vakansie  Musiekfees is ‘n jaarlikse instelling en het vir homself behoorlik naam gemaak . Elke jaar is hierdie fees net groter en beter en ook hierdie jaar is dit nie anders nie. Dit word aangebied 15 tot 31 Desember 2018 ( twee  weke lank ) te Klipdraai Karavaanpark.

Wat kan jy die jaar verwag:

Uitstekende aktiwiteite om slegs enkeles te noem soos waterkaskenades, boeresport, honde vertonings, ‘n modder uitdaging, “foam” partytjie, Mej Klippies en top gehalte vermaak met van Suid Afrika se grootste en gunsteling kunstenaars soos Jo Black, Refentse, Karlien van Jaarsveld, Gerhard Steyn, Snotkop, Heidi, Hennie Jacobs (Diederik van 7de Laan), Klipwerf Orkes, Dirk van der Westhuizen, Die Campbells, Sorina/ Die Flooze, en Monique Steyn wat optree sal sorg vir oorgenoeg pret en plesier, Ollie die Nar kom kuier saam met die kleinspan. Kom kry iets te ete by ons heerlike kos stalletjies en daar is ‘n groot verskeidenheid produk / gewone stalletjies beskikbaar en jy kan ook sommer jou kersgeskenke hier kom koop .

Die Klippies Desember Vakansie Musiekfees is ‘n GROOT hoogtepunt op ons kalender en die grootste Musiekfees in die Vaaldriehoek. Wat is nou lekkerder as om in die natuur te kan ontspan en terselftertyd te kan fees hou !! Moenie die Klippies Desember Vakansie Musiekfees misloop nie !!

Dagbesoekers is ook welkom om reeds vanaf 08:00 te kom saam kuier en diegene wat slegs die aand se musiekfees wil bywoon kan by ons aansluit as ‘n Musiekfeesganger vanaf 17:00.

Dit is ‘n familie fees wat die hele gesin betrek en wat vermaak verskaf het aan die vakansiegangers van Klipdraai Karavaanpark (die vermaak is gratis vir die kampeerders). Verder bied die Klippiesfees ook die geleentheid aan die gemeenskap van die Vaaldriehoek en omliggende gebiede om  buitenshuis familie tyd , pret en vermaak te geniet gedurende die vakansie seisoen.

Hierdie fees is elke jaar GROTER EN BETER. Bespreek jou kampplek NOU !!!

Stalletjie aansoeke open: 19 Oktober 2018 (Kontak stalletjies@klipdraaikaravaanpark.co)

KLIPDRAAI KARAVAANPARK VUURWARM BRING & BRAAIFEES

Maandag 24 Sepember

Braaivleis is trots Suid Afrikaans. Hier by Klipdraai Karavaanpark het ons besluit Nasionale Braaidag 24 September moet behoorlik gevier word met ‘n BRAAIFEES!!

Ons verskaf die braaivleis vure, bring jou vleis (braaipakkies sal ook te koop wees) en jou eie drinkgoed @ R100 per “COOLER BOX”.
Daar is ‘n verskeidenheid stalletjies om in rond te snuffel asook lekker kosstalletjies vir diegene wat nie wil braai nie maar eerder net wil ontspan .

Jy kan topgehalte vermaak verwag. Ons skop vroeg af met aktiwiteite soos Mej Bikini en SA se gunsteling sangers sorg vir ‘n Vuurwarm Bring & Braaifees 2018. Kunstenaars soos Dewald Wasserfall, Liezel Pieters, Karlien Husselman & Anthony McGee, Gerhard Steyn, Pieter Koen, en Leah sal jou voete laat juk en die naweek vuurwarm aan die brand sing.
Kom Braai, Kamp en Kuier saam. Gooi KOLE dit is BRAAIFEES!!