076 017 4354 / 072 823 5236 besprekings@klipdraaikaravaanpark.com

17 – 19 Augustus 2018

Die Soldaat van God Mannekamp word aangebied van 17 tot 19 Augustus 2018 te Klipdraai Karavaanpark Meyerton.
Ons nooi alle mans 18 jaar en ouer uit om die kamp by te woon. Vrouens en kinders kan Sondag oggend by die mans aansluit tussen 10:30 en 11:00 .

Kom bemagtig jouself as man van God teen die uitdagings in 2018. Maak die regte keuses en vergroot jou grondgebied. Weet wat is jou indentiteit in die Here en wat is jou potensiaal. Jy is ‘n “world shaker”. Kom tree aan as ‘n Soldaat Van God in jou huis, by jou werk en in jou gemeenskap. Ons wil jou as man bedien en die geleentheid bied om saam met ander manne net weer opnuut krag te kom put, gemotiveer en toegerus te word.

Die program (Vrydag tot Sondag) is propvol met ‘n verskeidenheid sprekers wat oor ‘n wye verskeidenheid temas praat waarby jy as man baat sal vind.

Die Soldaat van God Mannekamp word GRATIS aangebied, die bywoning en kamp akkommodasie is gratis om sodoende vir elke man die geleentheid te bied om hierdie kamp te kan by woon. Sorg net vir jou eie kos / etes of koop iets te ete by ons kosstalletjies. Geen alkohol word toegelaat nie.

Registreer nou en moenie die Soldaat van God Mannekamp misloop nie.

GERHARD STEYN
Die platinum bekroonde sanger Gerhard Steyn se musiek is oorspronklik, uit die hart, en genotvol dat hy sonder twyfel die ere titel “Die Platinum Prins van Afrikaanse musiek” verdien. Sy sang, talent as liedjieskrywer en persoonlikheid maak hom gewild by oud en jonk. Gerhard het reeds 11 albums op sy kerfstok en in die proses seldame en gesogte juwele tot die skatkis van Afrikanse Musiek gevoeg. Sy geestelike album “Nuwe Krag” is die musiekverhaal van sy lewenspad en dit is duidelik waar Gerhard Steyn sy inspirasie en krag vandaan kry. “Dit gaan oor die verheerliking van God – Drie – Enig en om ‘n verskil in my medemens se lewe te maak” se hy. Hy verwys na hierdie album as “GOM” geestelik, opbouend en motiverend waaruit mense nuwe krag sal en kan put.

Hy glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Gerhard Steyn het die suksesleër geklim en vandag is hy aan die bopunt met ‘n rede. Niks het in sy skoot geval nie, slegs harde werk, sy droom en omdat hy presies weet wat hy wil hê.

Hy woon in Boksburg aan die Oos Rand en is getroud met Zelri en het 1 dogertjie Zardi .

Met al hierdie talente en seëninge bly Gerhard nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan Sy Skepper en diegene wat in hom glo en ondersteun.

Save

GRETHA WIID
As jy al ooit deel van Gretha Wiid se gehoor was of een van haar DVD’s gekyk het, sal jy saamstem dat sy altyd gereed staan met humoristiese wysheid. Sy is reguit en altyd net haarself, met ‘n passie vir gesonde vrouwees, gesinne en huwelike. Met 4 dogters, is sy ‘n Ma wat weet dat ouerskap nie kinderspeletjies is nie. En as vrou wat 22 jaar getroud is hierdie jaar, weet sy dat klippe kou nie net ‘n gesegde is nie.

Sy het reeds verskeie boeke op haar kerfstok as skrywer, met ‘n wye reeks cd’s en DVDs wat inspireer.

Sit terug, en geniet ‘n tyd van lekker-lag-wysheid

DARU DE WET
Daru was ‘n sakeman vir 30 jaar. Daru se: “Die Here het my geseen deur my die geleentheid te gee om direkte bemarking te doen en met SY genade was ek nommer 1 in die wereld 4 keer gewees” Die Here roep hom vir voltydse bediening in 2013. Hy was betrokke by mannekampe op Mabula en oor die 100 000 mense deur die kamp gesien gaan. Duisende mense is aangeraak en hulle lewens verander. Vandag bedien hy die Woord oor die hele Suid Afrika by bid-ure, kampe, manne groepe en Woord sessies waar die Krag van die Woord van God bevestig word deur wonders en tekens. Daru was ook in Amerika en Israel in 2017. Besoek Daru se webtuiste www.darudewet.com
MANNE WAT GLO – Willie Joubert, Jan de Wet, Leon Ferreira, Rudi Muller
Die Manne wat Glo-sanggroep het ‘n paar jaar gelede uit die behoefte van vier geliefde gospel sangers ontstaan – Dewald Gouws, Jan de Wet, Willie Joubert en Leon Ferreira. Hulle het saam kragte gesnoer om herlewing regoor Suid-Afrika deur musiek aan te vuur.

Met hul nuutste album – Manne wat Glo 3 – vat die immergroen sangers Jan, Willie en Leon hande met Rudi Muller om die luisteraar weereens op ‘n kragtige geestelike reis te neem.

Hierdie vier erkende solo-kunstenaars het hulle ongelooflike sang- en skryftalent en liefde vir die Here saam gesnoer. Die manne is reeds al lank op toer om jonk en oud by saamtrekke in die naam van die Here te bemoedig en te begeester.. Al vier se stemme komplimenteer mekaar pragtig en die sinergie is onmisbaar. Die goeie nuus is dié groep manne is nog lank nie koud nie. Hulle is oorgehaal om nog vele Christelike treffer snitte te skep en met elke toer regoor Suid-Afrika diep spore in vele harte te trap..

DEON DU TOIT
Deon du Toit streef om God se plan vir ‘n gesonde, gelukkig huwelik & gesin uit te leef tot eer van God.  Hulle glo God het hulle geroep om ander egpare te help op hierdie pad.

Deon en Karin glo elke huwelik kan gevul wees met God se karakter van liefde, vreugde, genade, vergifnis, geduld, respek en waardering. Hulle het albei in die begin van hulle huwelik sekulêre werke gehad en ook later van jare saam verskeie besighede bedryf. Hulle woon ‘n huweliksverrykingseminaar van Huweliksfokus by in 1994, hier word hulle tot stilstand geroep en hul visie vir hul huwelik, gesin en loopbane verander onherroeplik.

Hulle raak betrokke by Huweliksfokus as vrywilligers en bekwaam hulleself op verskeie gebiede, met die doel om ander te help.  Hulle doen verskeie kursusse, waaronder Huweliksberading, Emosionele genesing en Demonologie die belangrikste was en later van tyd kwalifiseer hulle ook as Neuro Linguistiese Praktisyns en Lewensafrigters.

Gedurende 1999 is hulle genader om voltyds die leierskap van die bediening oor te neem, na maandelange gebed en soeke na God se wil het hul albei tot oortuiging gekom dat God hulle wil gebruik om  egpare te help, hulle het bevestiging en profesie uit verskeie oorde ontvang en is sedert 2001 voltyds aan die stuur.

Die feit dat hulle vir baie jare in ‘n huwelik was waarin albei ‘n gewone beroep beoefen het met gewone uitdagings, van ‘n loopbaan, finansies, kinders, kommunikasie en konflikhantering, seksualiteit, prioriteite en tydsbesteding, maar ook meer ernstige uitdagings soos, emosionele bagasie, jaloesie, bankrotskap, rolverwarring, fibromialgie, kanker en ‘n selfmoordpoging, gee hulle die unieke vermoë om hulleself in ‘n ander persoon se skoene te plaas en met opregte begrip en empatie te kan help tot oorwinning in Jesus Christus.

Save

ARNOLD UYS
Arnold Uys is voltyds pastoor by die AGS Charisma Kerk in Benoni en is reeds meer as sewe jaar in voltydse bediening. Hy wil graag sien dat manne hulle God-gegewe roepinge opneem en uitleef, veral binne die konteks van die gesin. Hy het daarom ook ‘n passie om met manne oor die intieme kant van die huwelik te gesels. Arnold beskik oor ‘n drie jaar Nasionale diploma in bemarking, sowel as ‘n BA graad in teologie wat hy aan die Universiteit van Johannesburg verwerf het. Hy is reeds meer as dertien jaar getroud met Karen en het twee dogters, Arné en Lienke

Save

Save

HANNES VAN DER WALT

Hannes is een van ons land se uitstaande aanbiddings leiers en het al reeds 3 van sy eie albums op die rakke. Sy laaste album ”Ek Is” is ‘n album wat ook in die sekulêre mark bekendheid verwerf en van die liedjies word reeds op radiostasies gespeel. Die album kan beskryf word as ‘n “feel good “album.”

Hannes is voltyds sanger en was ook betrokke by verskeie gemeentes soos Kaleideo, Mosaiek, Doxa Deo en Pharos.

Benewens die optredes by sy Gemeente Pharos, tree hy ook gereeld by ander funksies en feeste op en geniet hy dit om deur middel van ‘Worship’ mense nader aan God te bring.

Save

Save

MARTIN BOTES
Martin  Botes is ‘n bekende en suksevolle sakeman aan die Oosrand en in Springs spesifiek. Sy passie en liefde vir die Here het hom in 2018 voltyds na die bediening geroep. Sy hart is om manne aan die brand te steek met die evangelie en om die krag en vuur van die Heilige Gees in hulle lewens te ervaar. Hy assosieer gereeld met sy mentor Daru de Wet en hy is ‘n gereelde spreker by manne groepe. Hy tree ook buitelands op in Kenia en Mauritius. God het  Martin guns gegee in die hantering en adressering van finansiële sake en na vele suksesvolle besighede, besit hy bonatuurlike geestelike insig in finansiële bestuur .

Martin is getroud met Liza en hulle het 3 kinders.

Save

ELKE MAN ONTVANG ‘N VOLLEDIGE PROGRAM MET AANKOMS

Program

BESPREKINGSVORM &  KAMPERING

Laai die vorm hier af en epos terug:

mannekamp@klipdraaikaravaanpark.com

Eie kampstoel wat jy ook saamneem na die verskillende sessies by die verhoog, jou Bybel, pen en papier / boekie vir notas, Baie warm klere, mus, beanie, hoed en handskoene as jy wil , genoeg warm beddegoed, handdoek, persoonlike toiletware en toiletpapier, moontlik ‘n tafeltjie, eetgerei, kos , eetgoed en drinkgoed ( daar is ook stalletjies wat kos en drinkgoed verkoop),  flitslig.

GEEN ALKOHOL WORD TOEGELAAT

Manne wat nie gebruik maak van die gratis kampering nie, en dus  verkies om tuis of elders te oornag en daarom in en uit ry en slegs die manne konferensie sessies bywoon is welkom , MAAR moet reeds 45 minute voor die aanvang van die sessies / program arriveer. Ons verwys na diegene as Dagbesoekers. Parkeer jou voertuig by die hek (veilige parkering). Onthou jou kampstoel wat jy ook saamneem na die verskillende sessies by die verhoog , jou Bybel, pen en papier / boekie vir notas.

GEEN ALKOHOL WORD TOEGELAAT

ALGEMENE INLIGTING:
WAAR VIND DIE MANNEKAMP PLAAS?
Klipdraai Karavaanpark : Viewlaan, Rothdene, Meyerton
AANWYSINGS :
VANAF ALBERTON:
Neem die R59 suid na Vereeniging en neem die Pierneef Blvd afrit links en by die stopstraat draai links. Gaan voort onder deur die brug tot by die 4 – rigting stop . Draai regs dit is Viljoen laan. Gaan oor die volgende stop en by die volgende stop (Jean laan) draai regs. Gaan voort met Jean Laan tot by Klipdraai (T – aansluiting). Draai links in Viewlaan en gaan voort tot by Klipdraai Karavaanpark se hek op regterkant.
VANAF VEREENIGING:
Neem die R59 noord na Alberton en neem die Pierneef Blvd afrit links en by die stopstraat draai regs. Gaan voort onder deur die snelweg en onder deur die brug tot by die 4 – rigting stop. Draai regs dit is Viljoen laan. Gaan oor die volgende stop en by die volgende stop (Jeanlaan) draai regs. Gaan voort met Jean Laan tot by Klipdraai (T – aansluiting). Draai links in Viewlaan en gaan voort tot by Klipdraai Karavaanpark se hek op regterkan.
WIE TREE OP?
Daru de Wet, Deon du Toit, Manne wat Glo, Arnold Uys, Gerhard Steyn, Martin Botes, Gretha Wiid
WIE MAG DIE MANNEKAMP BYWOON?
Alle mans 18 jaar en ouer. Vrouens en kinders kan die Sondag oggend by hulle mans aansluit en NIE VRYDAG EN SATERDAG NIE. Dit is ‘n mannekamp. Na afsluiting van die kamp op Sondag 19 Augustus kan die mans met hulle vrouens en kinders die res van die dag by die oord spandeer tot 18:00. Vrouens en kinders wat by hulle mans aansluit moet tussen (10:30 en 11:00) Sondag arriveer net na Gretha Wiid se sessie. Diegene wat later arriveer sal die normale dagbesoekers fooie van die oord betaal.
WAT MOET EK SAAMBRING?
Eie kampstoel wat jy ook saamneem na die verskillende sessies by die verhoog, jou Bybel, pen en papier / boekie vir notas, baie warm klere, mus, beanie, hoed en handskoene as jy wil , genoeg warm beddegoed, handdoek, persoonlike toiletware en toiletpapier, moontlik ‘n
tafeltjie, eetgerei, kos , eetgoed en drinkgoed ( daar is ook stalletjies wat kos en drinkgoed verkoop), flitslig.
GEEN ALKOHOL WORD TOEGELAAT
DAGBESOEKERS
Manne wat nie gebruik maak van die gratis kampering nie, en dus verkies om tuis of elders te oornag en daarom in en uit ry en slegs die mannekamp sessies bywoon is welkom , MAAR moet reeds 45 minute voor die aanvang van die sessies / program arriveer. Ons verwys na diegene as Dagbesoekers. Parkeer jou voertuig by die hek (veilige parkering). Onthou jou kampstoel wat jy ook saamneem na die verskillende sessies by die verhoog , jou Bybel, pen en papier / boekie vir notas en warm klere.
DONASIES
Vrywillige donasies is baie welkom. Klipdraai Karavaanpark bied die mannekamp & kampering GRATIS aan
Bank Besonderhede Klipdraai Karavaanpark:
Naam van die rekening:
Klipdraai Karavaanpark
Banknaam:
Standard Bank
Rekening Nommer:
273248243
Takkode:
014637
Tipe Rekening:
Tjek
Verwysing:
Naam en Van SoldaatMK
OFFERANDES
Daar sal Vrydag, Saterdag en Sondag offerandes opgeneem word. Op die wyse word aan elkeen wat wil saai in die Koninkryk van God
en in die sprekers se lewens die geleentheid gebied
AANDENKINGS
Aandenkings sal te koop aangebied word: Pryse wissel van R10 tot R50 en pakkette is R80 Koffiebekers R50, Lisensie Skyf R10, Motor
/ Buffer plakker R10 en Yskas Magnete R10 Volledige pakket met al 4 produkte R80
TERME & VOORWAARDES
1. KAMPERING

a) Kamp en Staanplekke vir tente en karavane is Gratis en Verniet tydens die mannekamp 17 -19 Augustus 2018
b) Om sodoende die maksimum geleentheid aan almal te bied, en omdat ons die nodige voorsiening wil maak is registrasIe vir :
i) Bywoning
ii) Kamp Akkommodasie
VERPLIGTEND
c) Staan en kampplek is beperk en om aan elkeen die maksimum geleentheid te bied is die volgende waar moontlik van toepassing:

1) Manne wat van tente gebruik maak, ‘n vriendelike versoek indien moontlik ‘n minimum van 2 persone per tent
2) Manne wat van karavane gebruik maak, ‘n vriendelike versoek indien moontlik ‘n minimum van 4 persone per karavaan

d) Registreer en bespreek jou bywoning en kampplek vroegtydig
e) Meld asb u BESPREKINGSNOMMER in alle korrespondensie
f) Kamp & staanplekke word nie gereserveer nie, dus is u welkom om u eie staanplek te kies
g) Elke staanplek het ‘n 220 volt elektriese kragpunt en waterpunte is naby geleë
h) Maksimum van 1 voertuig per staanplek. Veilige parkering vir voertuig 2 by die hek
i) Die pluk van blomme en plantmateriaal is verbode
j) Geen warm water en vuuras (koud en warm) mag op die plante, bome en gras uitgegooi word nie

2. VUURMAAK

a) Maak slegs vuur in die braaiareas of in die braaigeriewe beskikbaar (nie op die grond of gras nie).
b) Bomas mag slegs op sementoppervlakke gebruik word.
c) Braaiers kan by die winkel gehuur word. Deposito R200 (wat terugbetaal word wanneer
die braaier netjies en skoon terug gebring word.) en huur van Braaier teen R30 per dag.
d) Vure moet geblus word indien die wind baie sterk is, wanneer u gaan slaap of u kampplek verlaat.

3. FASILITEITE

Ablusie geriewe:
Klipdraai Karavaanpark beskik oor 10 ablusie geriewe met storte, baddens, wasbakke en toilettes . Daar is ook warm water beskikbaar. Gebruik warm water spaarsaam sodat elkeen die geleentheid het om in warm water te stort of te bad. Daar is kragpunte in die abblusie blokke vir skeermesse en haardroërs .

Kosstalletjies:
Naby die verhoog is kosstalletjies wat ‘n verskeidenheid van lekker wegneem etes, eetgoed en drinkgoed aanbied om te verkoop teen billike pryse.

Ander fasiliteite:
Warmwater swembad & Koue waterswembad
Cell foon opvangs
Paramediese dienste

4. TYD KAMPEERDERS KAN ARRIVEER : 17 AUGUSTUS 2018

Vanaf 10:00 die oggend

5. ALGEMEEN:

In die geval van “Viz Major “ sal die optredes nie geherskeduleer word nie .

6. VRYWARING:

Besoek aan die perseel deur enige persoon en of hulle besoekers, geskied op hul eie risiko. Alle persone wat die kampterrein en fasiliteite, insluitende die parkering en staanplek gebruik, doen dit algeheel op eie risiko en word die eienaar en /of bestuur en/of hul verteenwoordigers gevrywaar teen enige eise van watter aard ookal, veroorsaak by wyse van hetsy diefstal, dood, besering, beskadiging of verlies van goedere van enige aard, brand, oormag, vloede, ander natuurrampe van watter aard ookal voortspruitend uit die gebruik, betreding, benutting en of aanwending van die perseel en /of van die perseel en fasiliteite, en sal die bestuur en of eienaar of organiseerders van die mannekamp en aktiwiteite nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese wat daaruit mag ontstaan nie. Alle geriewe swembaddens, braai fasiliteite, ens.) asook enige vermaak en aktiwiteite word op eie risiko gebruik. Klipdraai Karavaanpark aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige beserings of skade wat mag voorspruit uit die gebruik daarvan nie en ook nie vir enige beserings of skade wat besoekers by die kampplek en of perseel sou opdoen nie.

Algemene Vrae & Antwoorde
V. Datum van die Soldaat van God Mannekamp?
A. 17 -19 Augustus 2018

V. Adres van die Mannekamp?
A. Klipdraai Karavaanpark, Viewlaan, Rothdene, Meyerton

V. Wat is die kostes?
A. Daar is GEEN kostes vir die konferensie en ook GEEN kostes vir die kamp akkommodasie nie, dit is dus GRATIS. Offerandes sal Vrydag, Saterdag en Sondag opgeneem word om aan elkeen die geleentheid te bied om in die sprekers se lewens te saai. Enige iemand wat ‘n betaling / donasie wil maak kan dit direk in die Klipdraai se Rekening maak. Klipdraai Karavaanpark bied die mannekamp en akkommodasie gratis aan. Vrywillige donasies word opreg waardeer.

V. Wie kan die Mannekamp bywoon?
A. Alle mans 18 jaar en ouer Vrouens en kinders is welkom om Sondag 19 Augustus by die mans aan te sluit tussen
10:30 – 11:00 en direk na Gretha Wiid se sessie.

V. Hoe registreer ek ?
A.

  1. Elke persoon registreer vir bywoning afsonderlik deur die registrasie vorm van die webblad af te laai , in te vul en terug te epos na
    Tilla Enslin 083 739 8986/071 312 2929 • tilla@gerhardsteyn.co.za of Adele Swanepoel 064 904 5221 • besprekings@klipdraaikaravaanpark.co (let op.co) Of mannekamp@klipdraaikaravaanpark.co (let op.co)
  2. Of Kontak Tilla Enslin & Adele Swanepoel hulle sal ook die nodige aan jou epos

V. Moet ek vir akkommodasie bespreek?
A.

  1. Vir Kamp akkommodasie laai die Kamp Akkommodasie vorm op die webblad af en
    epos terug na besprekings@klipdraaikaravaanpark.co of kontak Adele Swanepoel by 064 904 5221 OF
  2. Kontak Tilla Enslin 083 739 8986 / 071 312 2929 of tilla@gerhardsteyn.co.za / mannekamp@klipdraaikaravaanpark.co (let op.co)

V. Wie is die sprekers ?
A. Daru de Wet, Deon du Toit, Gerhard Steyn, Manne wat Glo, Arnold Uys, Martin Botes, Gretha Wiid

V. Wie lei die lofprysing en aanbidding ?
A. Hannes van der Walt & Orkes

V. Arriveertyd vir Kampeerders:
A. Vanaf 10:00 Vrydag 17 Augustus
Kampeerders wat reeds vroeër wil arriveer (voor 17Augustus )is welkom, normale
kamptariewe sal van toepassing wees bv vir 14, 15, 16 Augustus
Vir vroeêr besprekings (bv 14, 15, 16 Augustus) kontak :
Adele Swanepoel 064 904 5221 & Besprekings@klipdraaikaravaanpark.co (let op.co)

V. Kan ek tuis slaap en net die mannekamp sessies bywoon?
A. Ja manne wat nie gebruik maak van die gratis kampering nie, en dus verkies om tuis of elders te oornag en daarom in en uit ry en slegs die mannekamp sessies bywoon is welkom, MAAR moet reeds 45 minute voor die aanvang van die sessies / program arriveer. Ons verwys na diegene as Dagbesoekers. Parkeer jou voertuig by die hek (veilige parkering). Onthou jou kampstoel wat jy ook saamneem na die verskillende sessies by die verhoog , jou Bybel, pen en papier / boekie vir notas en warm klere.

V. Arriveertye vir dagbesoekers:
A. 45 minute voor aanvang van sessies
1. Vrydag 18:15 nm
2. Saterdag 08:00 vm
3. Sondag 08:15 vm

V. Is daar kos beskikbaar?
A. Naby die verhoog is kosstalletjies wat ‘n verskeidenheid van lekker wegneem etes, eetgoed en drinkgoed aanbied om te verkoop teen billike pryse. Ons beveel ook aan dat die manne vir hulle self sorg en hul eie kos en dringoed saambring.
Geen ALKOHOL word toegelaat nie

V. Is daar stort en bad geriewe?
A. Klipdraai Karavaanpark beskik oor 10 ablusie geriewe met storte, baddens, wasbakke en toilettes Daar is ook warm water beskikbaar. Gebruik warm water spaarsaam sodat elkeen die geleentheid het om in warm water te stort of te bad. Daar is kragpunte in die abblusie
blokke vir skeermesse en haardroërs .

V. In watter taal vind die konferensie plaas?
A. In Afrikaans

V. Wat moet ek saambring?
A. Eie kampstoel (wat jy ook saamneen na die verskillende sessies by die verhoog), jou Bybel, pen en papier/ boekie vir notas. Baie warm klere, mus, beanie, hoed en handskoene as jy wil , genoeg warm beddegoed, handdoek, persoonlike toiletware en toiletpapier, eetgerei,
kos, eetgoed en drinkgoed ( daar is ook stalletjies wat kos en drinkgoed verkoop), moontlik ‘n tafeltjie, flitslig.

V. Wat kan ek doen?
A. NOOI AL JOU FAMILIE EN VRIENDE NA DIE SOLDAAT VAN GOD MANNEKAMP

Vertel vir ander en bemark die mannekamp dmv smse en sosiale media facebook ens .
Ons waardeer jou.

 Donasies:

Vrywillige donasies is baie welkom.
Klipdraai Karavaanpark bied die mannekamp & kampering GRATIS aan

Klipdraai Karavaanpark

Naam van die rekening:

Klipdraai Karavaanpark

Banknaam:

Standard Bank

Rekening Nommer:

273248243

Takkode:

014637

Tipe Rekening:

Tjek

Verwysing:

Naam en Van

Kontak:

Voltooi Registrasievorm en Kamp Akkommodasievorm  en epos terug
Kontak
Tilla Enslin 083 739 8986/ 071 312 2929
tilla@gerhardsteyn.co.za / of mannekamp@klipdraaikaravaanpark.com

Webtuiste:
www.klipdraaikaravaanpark.com
Kliek Mannekamp

Fisiese adres: H/v Viewlaan & Kortstraat, Rothdene, Meyerton 1961.

GPS KOORDINATE:
S 26⁰ 36’ 35.1’’ E27⁰ 59’ 46.6’’

-26.609762, 27.9962660

VANAF ALBERTON:

Neem die R59 suid na Vereeniging en neem die Pierneef Blvd afrit links en by die stopstraat draai links. Gaan voort onder deur die brug tot by die  4 – rigting stop . Draai regs dit is Viljoen laan. Gaan oor die volgende stop en by die volgende stop (Jean laan) draai regs. Gaan voort met Jean Laan tot by Klipdraai (T-aansluiting). Draai links in Viewlaan en gaan voort to by Klipdraai Karavaanpark se hek op regterkant .

VANAF VEREENIGING:

Neem die R59 noord na Alberton en neem die Pierneef Blvd afrit links en by die stopstraat draai regs. Gaan voort onder deur die snelweg en onder deur die brug tot by die  4- rigting stop . Draai regs dit is Viljoen laan. Gaan oor die volgende stop en by die volgende stop (Jean laan) draai regs. Gaan voort met Jean Laan tot by Klipdraai  (T-aansluiting). Draai links in Viewlaan en gaan voort to by Klipdraai Karavaanpark se hek op regterkant .