Hierdie, karavaanpark bied lieflike lowergroen staanplekke, heerlike skaduwee, is naby geleë aan alle fasiliteite en aktiwiteite. Die park is gemik op die familie en ons maak spesiaal voorsiening vir kinders. ‘n Verskeidenheid van aktiwiteite, ontspannings geriewe, vermaak en fasiliteite sal elkeen van die gesin besig hou (pa en ma moet ook rus) en terselftertyd elkeen die geleentheid bied om saam met familie, vriende en natuurliefhebbers te kan ontspan en ons opregte gasvryheid te beleef. Sekuriteit is prioriteit by die park en is omring met veiligheidsheinings en toegang tot die park word beheer met ‘n bemande 24 uur toegangsbeheerpunt asook sekuriteitskameras.
Klein hondjies op leibande word toegelaat.
Ons maak ook voorsiening vir dagbesoekers wat welkom is, om ‘n piekniek mandjie te pak en onder die skaduwee bome te ontspan .
Klipdraai Karavaanpark is die ideale plek :
- Om weg te glip van die besige stadslewe
- Wanneer jy uitkyk vir ‘n vinnige naweek wegbreek
- Die plek om te wees vir ‘n welverdiende fantastiese familie vakansie
Met u aankoms sal u dadelik tuis voel met ons verskeidenheid wild wat u begroet en ons rustige atmosfeer inkleur.