076 017 4354 / 072 823 5236 besprekings@klipdraaikaravaanpark.com

KAMPERING :

Die karavaanpark het 350 karavaan staanplekke met pragtige groen gras en baie bome. Staanplekke is nie uitgemerk en geallokkeer nie, dus het u vryheid van keuse waar om te kampeer. Elke staanplek het ’n 220 volt / 30 ampere elektriese kragpunt  en waterpunte  is naby geleë . Die moderne en skoon ablusiegeriewe, en opwasareas maak die besoek ‘n gerieflike ervaring. Daar is 10 ablusiegeriewe met storte, baddens, toilette, paraplegiese toilette, wasbakke en kragpunte vir skeermesse en haardroërs en 4 opwas areas beskikbaar.

NABY GELEË AAN DIE PARK / IN DIE OMGEWING:

Om u verblyf nog meer gerieflik en aangenaam te maak

  • Algemene Handelaar / Multisave  (2km)
  • Motorhawe en brandstof  (2km)
  • OTM (2km)
  • Drankwinkel  (2 km)
  • Poskantoor (2km)
  • Groot Winkel komplekse (tussen 10 en 15 Km)
  • Ster Kinekor
  • Restaurante
  • Hospitaal en nooddienste naby geleë
  • Paintball